I think we can go back!
By A Yahoo! Contributor, 4/4/11
Ons het saam met vriende, ons kleintjies Dieretuin gevat en ook om te gaan kyk waaroor die broot behaai gaan. Ek wou vir myself sien in watse kondisie die hokke en diere is.
Wel, om mee te begin, die ingangsfooie was R120 vir 2 volw. en nie R150 nie, die diere was in AL die kampe sigbaar en was rustig. Die hokke was skoon gewees en geod versorg. Die restaurantjie se pryse was heel billik en jy kon 'n kudu hamburger met chips kry vir R45. Ek sou dit met 'n smile betaal het.
Om dalk geld te genereer, kan hulle dalk punte he wat jy neute of vrugte kan koop om die apies, ens., te voer. Dit bring bietjie daai inter-aksie met die diere, wat spesiaal vir die kinders ook kan wees.
Maar all-in-all, was dit 'n heerlike ervaring vir ons hele gesin.
Ons almal moet ophou om ons eie dieretuin af te breek en te kritiseer, en hulle eerder ons ondersteuning gee wat hulle nodig het om te kan oorleef.